Leefstyl: Juweliersware uit die natuur
Updated: Jul 8, 2022
Juweliersware en kunsstukke wat nie net pragtig is nie, maar ook ʼn deeltjie van die natuur saam met dit dra. Gebaseer in die oulike kusdorp, Kommetjie in Kaapstad. Hierdie klein dorpie het baie versteekte skatte en is geleë tussen die wilde, yskoue Atlantiese oseaan en omring deur magiese, Fynbos bedekte berge. Dit is ook omring deur pragtige fynbos en plante – die einste plante wat in Sea & Shore se juweliersware gebruik word.
Juweliersware laat jou sommer onmiddelik beter voel oor jouself en die dag. As jy ʼn dag het waar jy bietjie opkikkering kort, sit net ʼn mooi hangertjie of juweel aan en jy voel sommer beter. Nou kan jy nog meer spesiaal voel met ʼn stukkie natuur as deel van jou juweliersware.
Angela is die kreatiewe genie agter Sea & Shore en haar inspirasie kom uit die natuur se skoonheid. Hierdie besigheid is in 2018 gestig. Die skatte wat in hul juweliersware gebruik word, word almal plaaslik en eties uit die see en berg verkry en sodoende is die naam, Sea & Shore, geïnspireer.
Angela kom voortdurend met nuwe idees vorendag en dus is Sea & Shore ʼn steeds ontwikkelende handelsmerk. Oorspronklik het Angela net juweliersware en sleutelringe gemaak. Sy het vinnig besef sy hou daarvan om ook groter huis-dekor items te maak.
Sea & Shore bied nou ʼn wye verskeidenheid produkte, insluitend juweliersware, kuns, huisversiering, beker drupmatjies, troue geskenke en bewaring van ‘n bruid se ruiker omskep in kuns, korporatiewe geskenke, sowel as persoonlike bestellings vir alle vorme van produkte.
Die Sea & Shore-span is groot berg liefhebbers en vind vrede in die stilte van die natuur. Hulle is op hul gelukkigste wanneer hulle omring word deur Fynbos. As mens om net asem te haal in die vars lug wat net bo-aan ʼn berg gevind kan word. In hierdie oomblikke van vrede en eenheid. Angela is gevul met liefde vir die natuur wat haar omring en is geïnspireer om huis toe te gaan en skep dan klein mikrokosmos van hierdie magie.
Aangesien elke stukkie juweliersware so uniek en meestal een-van-ʼn-soort is, vind hulle dat daar ʼn spesiale stuk vir almal is. Elke persoon verbind met ʼn stuk op hul eie manier en raak verlief daarop. Dit beteken dat vir elke persoon, verskillende produkte en reekse hul gunsteling is.
Ondersteun plaaslik en besoek gerus hulle webwerf vir meer inligting by https://seashorejewellery.co.za/
Comments